fbpx

Bekostigbare belastingdienste

Ons lewer belastingdienste aan individue asook
klein tot medium-ondernemings.

Kontak ons gerus

Vull gerus die onderstaande vorm in of skakel ons by +27 87 551 1667


Ons poog om jou belastinglas ligter te maak.

BVSA poog om die belastinglas van ‘n kliënt op ‘n wettige manier ligter te maak. Daar vind deurlopend beplanning van alle belasting plaas, insluitend Inkomstebelasting, BTW, Kapitaalwinsbelasting (KWB), Boedelbelasting en Skenkingsbelasting en word gedoen op ‘n deurlopende basis ten einde die belastingrekening tot ‘n minimum te hou.

Ons verleen hulp aan kliënte met die administrasie van die Inkomstebelasting- en BTW prosesse, sodat volle belastingverpligtinge nagekom word en om onnodige boetes en rente te vermy weens nalatigheid.

Ons belasting dienste sluit in:

  • Die indien van jaarlikse- en voorlopige belasting opgawes vir maatskappye, BK’s, trusts, individue en ander regsentiteite
  • Indien van boedelbelastingopgawes
  • Hanteer van SARS-belastingoudits
  • Hanteer van SARS-navrae
  • Opdateer en FICA van besonderhede by SARS
  • Indien van sekuriteitsoordragopgawes
  • Indien van dividentbelastingopgawes
  • Registrasie vir BTW en dieselrabat
  • Registrasie vir inkomstebelasting vir alle regsentiteite
  • Registrasie vir WVF, LBS, SDL, Ongevalle Kommissaris en RMA

Start typing and press Enter to search