fbpx

Word deel van ons dinamiese span

Ons is altyd op soek na individue wat deur hul vaardighede waarde kan toevoeg tot ons firma.

Posisies beskikbaar

BVSA vakansiewerkprogram

Indien jy belangstel om vakansiewerk te doen by BVSA vir ervaring en opleiding, kontak ons gerus. Suksesvolle kandidate moet voldoen aan die volgende vereistes:

  • Die kandidaat moet ’n skolier of student wees.
  • Indien die kandidaat ’n skolier is, sal Rekeningkunde en Wiskunde ’n vereiste wees. Die kandidaat moet ook bereidwillig wees om na skool verder te studeer.
  • Indien die kandidaat ’n student is, moet hy/sy vir ’n BCom/rekeningkundige studierigting ingeskryf wees.
  • Studente moet minstens een week (5 werksdae) werk.

Rekenmeesterklerke

Indien jy daarin belangstel om jou SAIPA-klerkskap te voltooi, vul gerus ‘n aanlyn aansoekvorm in. Ons sal so gou moontlik met jou in aanraking kom.

Vir SAICA-klerkskappe, kontak gerus ons assosiaat BVA www.bvainc.co.za.

Jong professionele persone

Is jy ‘n jong SAIPA-lid wat ‘n loopbaan in die private praktyk oorweeg? Kontak ons dan om die moontlikhede binne BVSA te bespreek.

SAICA-lede kan gerus ons assosiaat, www.bvainc.co.za, besoek.

Eienaars van bestaande praktyke

Indien jy jou eie rekenmeesterspraktyk bedryf en dink aan aftree, of oorweeg om jou besigheid te verkoop, of dalk net wil deel raak van ‘n groter groep, kontak ons om die moontlikhede binne BVSA te bespreek.

Ons is altyd opsoek na boekhouers, administratiewe klerke en rekenmeesters om ons personeelkorps te versterk.

Beskikbare posisies.

Sien voorbeeld hier: http://www.oudtshoorn.gov.za/current-opportunities

Start typing and press Enter to search