Regsdienste
BVSA Regsdienste is in Januarie 2018 tot stand gebring vanweë die groot aanvraag na goeie en betroubare regsadvies en –dienste binne die BVSA groep en onder ons kliënte.
Die BVSA Regsdienste span word bestuur en gedryf deur gekwalifiseerde en ervare prokureurs, notarisse en aktevervaardigers. Hierdie span lewer kundige regsdienste aan beide individuele en korporatiewe kliënte.
Omvattende regsdienste
BVSA Regsdienste bied ‘n reeks omvattende dienste aan, insluitende dienste op die volgende gebiede:
- Erfopvolging en die opstel van ‘n testament en kodisille
- Administrasie en bereddering van ‘n bestorwe boedel
- Registrasie, beperkings en wysiging van trusts
- Trusts bestuur
- Boedelbereddering
- Kommersiële– en kontraktereg
- Besigheidskontinuiteitsbeplanning
- Maatskappyereg
- Regsnakoming en regsoudit verslae
- Eiendomsreg
- Arbeidsreg
- Boedelbeplanning
Vir meer inligting, kontak ons by 021 914 9604 of stuur ‘n e-pos na legal@bvsa.ltd