fbpx

Suid-Afrika se eerste nasionale minimumloon

Suid-Afrika se eerste nasionale minimumloon ooit, het op 1 Januarie 2019 in werking getree.

Belangegroepe het die nasionale minimumloon ooreenkoms in Februarie 2017 vir die eerste keer onderteken, waarna dit later in 2017 deur die Kabinet goedgekeur is, en toe as wetsontwerp in Mei 2018 voorgelê is. Ander verwante wetgewing, naamlik die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge was op dieselfde tyd voorgelê. President Cyril Ramaphosa het die wetsontwerp in November 2018 onderteken en in Desember het hy aangekondig dat dit op die 1ste Januarie 2019 in werking tree.

Hierdie wetgewing vereis ‘n minimumloon van R20 per uur binne die landbou en huishoudelike werk­sektore, onderskeidelik ingefaseer teen R18 en R15 per uur. Hierdie loon sal van krag bly vir 2 jaar tot Desember 2020, waarna die Minister van Arbeid die toepaslike aanpassing sal aanbeveel vanaf 1 Januarie 2021. Industrieë wat deur ‘n bedingingsraad reguleer word, sal steeds gebind wees deur die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms wat van toepassing is op daardie bedryf. Verder meer, as iemand lone met ‘n werknemer onderhandel het wat die minimum loonkoers oorskry, dan is hulle steeds gebind deur die bepalings van daardie ooreenkoms.

‘n Huishoudelike werknemer is iemand wat hu­ishoudelike werk uitvoer in ‘n privaat huishouding en wie geregtig is op ‘n loon. Dit sluit ‘n tuinier, bestu­urder of persoon in wat kinders, bejaardes, siekes, verswaktes of gestremdes in ‘n privaat huishouding versorg, maar sluit die werknemers op ‘n plaas uit, volgens die Wet op Werkloosheidsversekeringsby­drae, 2002 (Wet No. 4 van 2002).

Sektorale Vasstelling 13 van die Wet op Basiese Di­ensvoorwaardes No. 75 van 1997 definieer ‘n plaas­werker as ‘n werknemer wat in enige boerdery of bosbou aktiwiteite aangestel is. Afdeling A (1) (2) van die Sektorale Vasstelling definieer boerdery aktiwite­ite as volg:

Sonder om die betekenis te beperk, sluit ‘boerdery aktiwiteite’ die volgende in, primêre en sekondêre landbou, gemengde boerdery, tuinbou, akwakultuur en die boerdery van diereprodukte of veldgewasse maar uitgesluit die Bosbou Sektor.

Verder, stipuleer die Sektorale Vasstelling dat ‘n plaaswerker iemand insluit wat:

(a) ‘n huishoudelike werker is wat in ‘n huis op ‘n plaas aangestel is;

(b) ‘n sekuriteitswag is wat aangestel is om wag te hou op ‘n plaas of ander perseel waar boerdery aktiwiteite plaasvind, en wie nie in die die private sekur­iteit-industrie aangestel is nie.

Voorsiening word gemaak vir vrystellings waar ‘n werkgewer op ‘n voorgeskrewe vorm en wyse aan­soek mag doen vir vrystelling van die betaling van die nasionale minimumloon. Die vrystellingsproses is spesifiek daargestel vir werkgewers wat kan bewys dat hulle dit nie kan bekostig om die nasionale min­imumloon aan hul werknemers te betaal nie. Vrys­telling sal slegs verleen word aan ‘n werkgewer wat aansoek doen vir vrystelling en waar die volgende kriteria nagekom is:

  • die werkgewer kan dit nie bekostig om die na­sionale minimumloon te betaal nie; en
  • verteenwoordigende vakbond(e) van die werkers sinvol geraadpleeg is of, as daar geen vak­bond(e) is nie, dat die geaffekteerde werkers sinvol geraadpleeg is.

Bekostigbaarheid sal oorweeg word tydens ‘n streng proses waar omvattende inligting ingedien word met die aansoek vir vrystelling.

Geen vrystelling mag toegelaat word waar die loon onder die volgende loondrumpel lê nie:

  • 90% van die nasionale minimumloon met be­trekking tot werkers anders as plaaswerkers en hu­ishoudelike werkers, wat gelykstaande is aan R18 per uur;
  • 90% van die nasionale minimumloon met betrekking tot plaaswerkers wat gelykstaande is aan R16.20 per uur; of
  • 90% van die nasionale minimumloon van hu­ishoudelike werkers wat gelykstaande is aan R13.50 per uur.

Dit is dus slegs moontlik vir ‘n werkgewer om ‘n ver­mindering van 10% op die nasionale minimumloon te verkry deur die vrystellingsproses. Die vrystelling­sproses word bestuur deur die Departement van Ar­beid met die gebruik van ‘n aanlyn-stelsel, bekend as die Nasionale Minimumloon Vrystelling Stelsel.

Aangesien 47% (6.6 miljoen mense) van die werks­mag in Suid-Afrika op die oomblik onder die drempel verdien, sal hierdie nuwe wetgewing amper 50% van die land se werkerkorps direk bevoordeel. Party is egter steeds krities oor die minimumloon, aangesien hulle voel dat dit steeds nie ‘n “leefbare” loon is nie, waar ander waarsku dat dit SA se reeds hoë werk­loosheidsyfer verder kan laat styg, weens die hoër koste om werkers in diens te neem.

 

Mandy Roesstorff

Professionele Rekenmeester (SA)

Direkteur – BVSA Port Alfred

mandyr@bvsa.ltd | 046 624 5262

Jongste Rubrieke

Start typing and press Enter to search